Zané - Afrikaans tutor - Mbombela
1st lesson free
Zané - Afrikaans tutor - Mbombela

Zané's email address and phone number have been validated.

Zané

  • Rate J$1,437
  • Response 1h
Zané - Afrikaans tutor - Mbombela

J$1,437/hr

1st lesson free

Contact

1st lesson free

1st lesson free

  • Afrikaans

Engels & Afrikaans tutor | Honneurs in Joernalistiek en Media Studies | Ontspanne en interaktiewe onderrigstyl

  • Afrikaans

Lesson location

About Zané

Ek is Zané, ‘n joernalis en skrywer in Mbombela met ‘n liefde vir taal en letterkunde. Ek het my BA-honneurs in joernalistiek en mediastudies aan die NWU in Potchefstroom voltooi, en skryf gemeenskapsnuus, sportberigte en menseliks-belangstellende stories in Afrikaans en Engels. Ek is ook die skrywer van twee bloemlesings.

Om elke dag tussen twee tale te wissel en vir lesers van alle ouderdomme te skryf, het my geleer wat taal laat kliek en wat dit na ‘n las laat voel. Ek glo nie taal hoef droog of afskrikwekkend te wees nie. Die meeste leerders het net iemand nodig wat geduldig is, dinge duidelik verduidelik, ruimte vir vrae maak en wys hoe Engels en Afrikaans in die werklike lewe werk, nie net in die handboek nie.

Ek help jou of jou kind graag om meer selfversekerd met taal te raak. Stuur gerus vir my ‘n boodskap oor waaraan jy werk, dan neem ons dit van daar af.

See more

About the lesson

  • Primary
  • Lower Secondary
  • Upper Secondary
  • +18
  • levels :

    Primary

    Lower Secondary

    Upper Secondary

    Lower Sixth Form

    Upper Sixth Form

    Diploma

    Adult Education

    Undergraduate

    Master’s degree

    PhD

    Other

    MBA

    A1

    A2

    B1

    B2

    C1

    C2

    Beginner

    Advanced

    Children

  • English

All languages in which the lesson is available :

English

Ek bied Engels en Afrikaans (huistaal en eerste addisionele taal) aan leerders van Graad 4 tot Graad 12, asook aan eerstejaar-universiteitstudente wat hulp met opstelle en akademiese skryfwerk nodig het aan. Lesse kan in Engels, Afrikaans of 'n mengsel van die twee aangebied word.

Ek is 'n joernalis en gepubliseerde skrywer met 'n Honneursgraad in Joernalistiek en Media-studies. Dit beteken ek leer vir ander taal soos dit in die werklike lewe gebruik word: duidelike skryfwerk, sterk begrip en die selfvertroue om idees uit te druk, nie net reëls wat jy moet memoriseer nie.

Elke leerder begin anders, daarom word doelwitte eers vasgestel voordat ons 'n plan vir die kwartaal opstel. Daarna is elke les ontspanne, gesellig en interaktief: ons werk deur jou eie materiaal, oefen die vaardighede waarmee jy sukkel, en jy loop weg met 'n duidelike idee van wat om voor die volgende les te doen.

My lesse is geskik vir leerders wat hul punte wil verbeter, selfvertroue in skryf en praat wil opbou, of voor eksamens 'n voorsprong wil kry. Lesse is aanlyn of in die Laeveld-streek beskikbaar.

See more

Rates

Rate

  • J$1,437

Pack prices

  • 5h: J$6,225
  • 10h: J$12,451

Travel

  • + J$50

free lessons

The first free lesson with Zané will allow you to get to know each other and clearly specify your needs for your next lessons.

  • 30mins

online

  • J$1,437/h

Details

Reiskoste word addisioneel gehef vir enige nodige reis tot 20 km. Indien die reisafstand 30 km oorskry, kan ‘n billike prys onderhandel word.

Similar Afrikaans teachers in Mbombela